Bible Study: FrontPage




 

2 Chronicles, Chapter 3

Bible Study - 2 Chronicles 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg waar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.
  
2. Hy het begin bou op die tweede van die tweede maand, in die vierde jaar van sy regering.
  
3. Die grondplan waarvolgens Salomo die tempel van God gebou het, was soos volg: die lengte volgens die ou maat was dertig meter, en die breedte tien meter.
  
4. Die voorportaal aan die voorkant van die tempel was tien meter lank, net so lank as wat die tempel breed was. Die hoogte daarvan was sestig meter. Salomo het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek.
  
5. Die groot vertrek het hy met sipreshout uitgevoer, met egte goud oorgetrek en daarop palms en kettings laat uitsny.
  
6. Hy het die vertrek versier met kosbare edelstene. Die goud was Parwajimgoud.
  
7. So het hy die hele vertrek met goudplaat oorgetrek, die balke, drumpels, mure en deure daarvan, en aan die mure het hy ook nog gerubs laat uitsny.
  
8. Die Allerheiligste het hy tien meter lank gemaak, net so lank as wat die gebou breed was. Die breedte daarvan was ook tien meter. Hy het die vertrek met egte goud oorgetrek, sowat twintig ton.
  
9. Die goue spykers het bietjie meer as 'n halwe kilogram geweeg. Ook die bovertrekke het hy met goud oorgetrek.
  
10. In die Allerheiligste het hy twee gerubs gemaak, gegote stukke, en hulle ook met goud oorgetrek.
  
11. Die vlerke van die gerubs was saam tien meter lank. Die een gerub se een vlerk het aan die een muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk aan diƩ van die ander gerub.
  
12. Die een vlerk van die ander gerub het aan die ander muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk was vas aan die ander gerub s'n. Elke vlerk was twee en 'n half meter lank.
  
13. Die vlerke van hierdie gerubs het dus tien meter ver gereik. Hulle het op hulle eie voetstukke gestaan met die gesigte na die groot vertrek toe.
  
14. Die voorhangsel het hy gemaak van blou, pers en bloedrooi wol en van linne, en daarop gerubs laat uitwerk.
  
15. Voor die tempel het hy twee pilare opgerig, sewentien en 'n half meter hoog, met 'n kapiteel van twee en 'n half meter op elkeen.
  
16. Hy het kettings gemaak vir 'n krans en dit bo-aan die pilare aangebring. Daarna het hy honderd granate gemaak en aan die kettings vasgesit.
  
17. Die pilare het voor die tempel gestaan, een regs en een links. Die regterkantste het hy Jakin genoem en die linkerkantste Boas.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES