Bible Study: FrontPage




 

Amos, Chapter 3

Bible Study - Amos 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Luister na die woord wat die Here teen julle rig, Israeliete, teen al die stamme wat Hy uit Egipte laat trek het:
  
2. Ek het net vir julle uitgekies uit al die volke van die aarde, daarom sal Ek julle straf oor al julle sondes.
  
3. Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie?
  
4. Sal 'n leeu in die bos brul as hy niks het om te vreet nie? Sal hy in sy boerplek roep as hy nie gevang het nie?
  
5. Sal 'n voël in 'n wip op die grond val as daar nie 'n strik vir hom gestel is nie? Sal 'n wip op die grond toeklap as dit nie iets gevang het nie?
  
6. Sal daar in 'n stad op 'n ramshoring geblaas word as die inwoners nie geskrik het nie? Sal daar 'n ramp oor 'n stad kom as die Here dit nie gebring het nie?
  
7. Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie.
  
8. Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie? Die Here God het gepraat, wie sal nie as profeet optree nie?
  
9. Maak dit bekend in die mooi huise in Asdod, in die mooi huise in Egipte, sê vir die mense daarin: Kom bymekaar op die Samariaberge, kyk na die groot verwarring in Samaria, die verdrukking daarbinne.
  
10. Hulle wat geweld en verwoesting in hulle mooi huise herberg, weet nie hoe om reg te doen nie, sê die Here.
  
11. Daarom, so sê die Here my God: 'n Vyand sal die land inneem, hy sal jou vesting bo-op jou afbreek, jou mooi huise kaalstroop.
  
12. So sê die Here: Soos 'n skaapwagter twee pootjies of 'n stukkie oor weggryp uit 'n leeu se bek, so sal die Israeliete weggegryp word, hulle wat in Samaria op rusbanke sit, op oorgetrekte gemakstoele!
  
13. Luister hierna, en lê getuienis af teen Jakob, sê die Here my God, die almagtige God!
  
14. Die dag as Ek Israel oor sy sondes straf, sal Ek die altare van Bet-El verwoes; die horings van sy altare sal afgebreek word en op die grond val.
  
15. Ek sal die winterhuis platslaan saam met die somerhuis, die huise met ivoorinleg sal vergaan, baie huise sal verdwyn, sê die Here.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES