Bible Study: FrontPage




 

Esther, Chapter 5

Bible Study - Esther 5 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Op die derde dag het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, regoor die ontvangsaal van die koning. Die koning was op die troon in die ontvangsaal regoor die ingang.
  
2. Toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy hom so bekoor dat hy die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek het. Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
  
3. Die koning sê toe vir haar: "Wat kan ek vir jou doen, koningin Ester? Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal vir jou gegee word."
  
4. Toe sê Ester: "As u dit goedvind, kom dan vandag saam met Haman na 'n maaltyd toe wat ek vir u voorberei het."
  
5. Die koning beveel toe: "Bring gou vir Haman dat ons kan doen wat Ester vra." Die koning en Haman is toe na die maaltyd toe wat Ester voorberei het.
  
6. Terwyl hulle wyn drink, vra die koning vir Ester: "Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word."
  
7. Ester het geantwoord: "My wens en my versoek is soos volg:
  
8. as die koning my goedgesind is, en as die koning dit goedvind om aan my wens te voldoen en my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal berei. Dán sal ek my wens aan die koning bekend maak."
  
9. Haman het dié dag bly en opgeruimd weggegaan, maar toe hy vir Mordegai in die poort van die paleis sien sit, en Mordegai staan weer nie op om aan hom eer te bewys nie, was hy woedend vir Mordegai.
  
10. Haman het egter sy humeur beteuel en huis toe gegaan. Toe het hy sy vriende en sy vrou Seres laat haal
  
11. en by hulle gespog oor sy groot rykdom en sy baie seuns, oor al die maniere waarop die koning hom vereer het en oor hoe die koning hom bevorder het bo al die ander hoë amptenare en onderdane van die koning.
  
12. Verder het Haman gesê: "En dit is nie al nie, koningin Ester het selfs niemand behalwe vir my saam met die koning uitgenooi na die maaltyd wat sy voorberei het nie. Ek is ook vir môre saam met die koning deur haar uitgenooi.
  
13. En tog bevredig dit alles my nie so lank ek die Jood Mordegai in die poort van die paleis sien sit nie."
  
14. Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende: "Laat 'n galg van drie en twintig meter hoog bou en beveel môre by die koning aan dat hulle vir Mordegai daaraan moet ophang. Dan kan jy saam met die koning na die maaltyd toe gaan sonder dat iets jou hinder." Haman het dit 'n goeie voorstel gevind en hy het die galg laat bou.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES