Bible Study: FrontPage




 

Exodus, Chapter 11

Bible Study - Exodus 11 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die Here het toe vir Moses gesê: "Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Ja, hy sal julle onvoorwaardelik laat trek; hy sal julle selfs wegjaag hiervandaan.
  
2. Gaan sê vir die volk elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis."
  
3. Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, en boonop het Moses groot aansien onder die Egiptenaars geniet, by die amptenare en die volk.
  
4. Toe sê Moses vir die farao: "So sê die Here: Teen middernag sal Ek deur Egipte gaan,
  
5. en elke eersgeborene in Egipte sal sterwe, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die slavin wat koring maal, ja, selfs al die eerstelinge van die diere.
  
6. In die hele Egipte sal daar so gehuil en gerou word soos nog nooit tevore nie en ook nie later nie.
  
7. Maar onder die Israeliete sal niemand iets oorkom nie, nie 'n mens of 'n dier nie. "Dan sal julle besef dat die Here 'n verskil maak tussen Egiptenaar en Israeliet.
  
8. Al hierdie amptenare van u sal voor my kom buig en vra: "Jy en jou hele volk moet asseblief trek." Dan sal ek trek." Moses is toe woedend van die farao af weg.
  
9. Daarna het die Here vir Moses gesê: "Die farao luister nie na julle nie sodat my wonders in Egipte nog meer kan word."
  
10. Moses en Aäron het al hierdie wonders voor die farao gedoen, maar die Here het die farao koppig gemaak, sodat hy die Israeliete nie uit sy land wou laat trek nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES