Bible Study: FrontPage




 

Exodus, Chapter 31

Bible Study - Exodus 31 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die Here het vir Moses gesê:
  
2. "Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is 'n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda.
  
3. Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen:
  
4. ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk,
  
5. edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen.
  
6. Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:
  
7. die tent van ontmoeting, die ark met die getuienis daarin en die deksel daaroor, al die toebehore van die tent,
  
8. die tafel met sy toebehore, die kandelaar van suiwer goud met sy toebehore, die wierookaltaar,
  
9. die brandofferaltaar met al sy toebehore, die waskom met sy voetstuk,
  
10. die geborduurde klere wat gewy is vir die priester Aäron en sy seuns om daarin as priesters diens te doen,
  
11. die salfolie en die geurige wierook vir die heiligdom. Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het."
  
12. Die Here het vir Moses gesê:
  
13. "Jy moet vir die Israeliete sê: Onderhou my sabbatte. Dit is van geslag tot geslag 'n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het.
  
14. Onderhou dus die sabbat. Dit moet vir julle 'n gewyde dag wees. Hy wat dit ontwy, moet doodgemaak word. Wie op dié dag werk, moet van sy volk afgesny word.
  
15. Ses dae kan daar gewerk word, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat wat gewy is aan My, die Here. Elkeen wat op die sabbatdag werk, moet doodgemaak word.
  
16. "Die Israeliete moet die sabbat onderhou. Ook op hulle nageslag lê die verbond 'n blywende verpligting om die sabbat te onderhou.
  
17. Dit sal vir altyd 'n teken wees tussen My en die Israeliete. In ses dae het Ek, die Here, die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie, maar gerus."
  
18. Nadat die Here op Sinaiberg met Moses gepraat het, het Hy die twee plat klippe met die getuienis daarop aan Moses gegee. Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES