Bible Study: FrontPage




 

Genesis, Chapter 9

Bible Study - Genesis 9 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde.
  
2. Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel.
  
3. Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.
  
4. Julle mag net nie vleis eet met sy lewe in, dit is met sy bloed in nie.
  
5. Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe: van 'n dier sal Ek rekenskap eis oor die lewe van 'n mens, en van 'n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens.
  
6. Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.
  
7. Maar júlle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie!"
  
8. Verder het God vir Noag en sy seuns gesê:
  
9. "Kyk, Ek sluit 'n verbond met julle en julle nageslag
  
10. en met al die lewende wesens by julle: die voëls, die mak diere en die wilde diere by julle, naamlik met al die wilde diere wat uit die ark uitgekom het.
  
11. Ek sal my verbond met julle hou: mens en dier sal nie weer deur vloedwaters uitgewis word nie. Daar sal nie weer 'n oorstroming wees wat die aarde sal oorweldig nie."
  
12. Toe het God gesê: "Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld:
  
13. my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
  
14. Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle,
  
15. sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie.
  
16. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde."
  
17. God het vir Noag gesê: "Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde."
  
18. Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die pa van Kanaän.
  
19. Dit was Noag se drie seuns en uit hulle is die hele aarde bevolk.
  
20. Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het.
  
21. Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê.
  
22. Gam, die pa van Kanaän, het gesien sy pa is kaal en het dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
  
23. Sem en Jafet het toe 'n kledingstuk van Noag gevat, dit oor hulle skouers gehou en agteruit geloop en hulle pa toegemaak. Hulle het anderpad gekyk, sodat hulle nie hul pa kaal sou sien nie.
  
24. Toe Noag uit sy roes wakker word en verneem wat Gam, sy jongste, hom aangedoen het,
  
25. sê hy: "Vervloek is Kanaän! 'n Nikswerd slaaf sal hy wees, in diens van sy broers."
  
26. Verder het hy gesê: "Prys die Here, die God van Sem! Kanaän moet Sem se slaaf wees.
  
27. Mag God aan Jafet 'n ruim woonplek gee, mag hy welkom wees in die tente van Sem. Kanaän moet Jafet se slaaf wees."
  
28. Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef.
  
29. Noag was dus nege honderd en vyftig jaar toe hy gesterf het.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES