Bible Study: FrontPage




 

Hebrews, Chapter 2

Bible Study - Hebrews 2 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.
  
2. As die woord wat deur engele gepraat is, bindend was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regmatig gestraf is,
  
3. hoe sal ons dan ontkom as ons so 'n groot saligheid verontagsaam het? Hierdie saligheid is immers deur die Here verkondig, deur wie dit sy oorsprong het, en is aan ons bevestig deur dié wat dit gehoor het.
  
4. Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil.
  
5. Dit is nie aan engele dat Hy die toekomstige wêreld, waarvan ons praat, onderwerp het nie.
  
6. Inteendeel, iemand het êrens getuig en gesê: "Wat is 'n mens dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U na hom omsien?
  
7. U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak; U het hom met heerlikheid en eer gekroon;
  
8. U het alles aan hom onderwerp." By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.
  
9. Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is 'n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.
  
10. God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring.
  
11. Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie.
  
12. Hy sê tog: "Ek sal u Naam aan my broers bekend maak, in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing."
  
13. Ook sê Hy: "Ek sal altyd op Hom vertrou." En verder: "Hier is Ek met die kinders wat God My gegee het."
  
14. Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig
  
15. en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.
  
16. Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham.
  
17. Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen.
  
18. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES