|
|
Isaiah, Chapter 12
1. Op daardie dag sal jy sê: "Ek loof U, Here! U was kwaad vir my, maar U is nou nie meer kwaad nie en U het vir my uitkoms gegee.
2. God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder."
3. Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
4. Op dié dag sal julle uitroep: "Loof die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend en verkondig dat sy Naam groot is.
5. Sing tot die eer van die Here, want Hy het groot dinge gedoen, maak dit aan die hele wêreld bekend.
6. Jubel en juig, inwoners van Sion, want groot is die Heilige van Israel en Hy is by julle!"
|
|
Text source: This text is in the public domain.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|