Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 18

Bible Study - Isaiah 18 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ellende wag vir die land met die insekteplae, die land aan die riviere van Kus!
  
2. Hy stuur gesante oorsee, hy stuur hulle in papirusbote oor die water. Gaan terug, gesante wat so haastig is, gaan terug na julle lang mense toe, hulle met die blink velle, julle volk wat wyd en syd gevrees word, wat gewoond is om alles met mag plat te trap, en wie se land deur riviere deursny word.
  
3. Julle almal wat in die wêreld woon, julle bewoners van die aarde, kyk wanneer die vaandel opgesteek word op die berge, luister wanneer die ramshoring blaas!
  
4. So het die Here vir my gesê: Ek sal rustig uit my woonplek ondertoe kyk, ongestoord soos die hittegolwe op 'n warm dag, soos 'n miswolk in die somerhitte.
  
5. Voor die tyd van die graanoes, wanneer die bloeityd van die wingerd verby is, en die blomme druiwe geword het wat besig is om ryp te word, word die wingerdlote met snoeimesse afgesny en die ranke afgebreek en weggegooi.
  
6. Die ranke word oorgelaat aan die roofvoëls uit die berge en aan die wilde diere. In die somer sit die roofvoëls op die ranke, in die winter lê die wilde diere daarop.
  
7. In dié tyd sal daar geskenke aan die Here die Almagtige gebring word uit die land wat deur riviere deursny word. Dit sal kom van die lang mense met die blink velle, die volk wat wyd en syd gevrees word, die nasie wat gewoond is om alles met mag plat te trap. Hulle sal die geskenke bring na Sionsberg toe, na die plek toe waar die Here die Almagtige geroem word.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES