Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 21

Bible Study - Isaiah 21 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Uitspraak van die Here teen Babel: Soos warrelwinde deur die Suidland trek, so kom daar iemand uit die woestyn, uit die land waarvoor almal bang is.
  
2. 'n Harde oordeel is aan my geopenbaar: die verraaier pleeg verraad, die verwoester saai verwoesting. Elam, jy moet oorlog maak! Medië, jy moet begin veg! Die Here maak 'n einde aan al die lyding.
  
3. Skrik oorweldig my, angs oorval my soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring. Ek is verskrik oor wat ek gehoor het, ek is bang oor wat ek gesien het.
  
4. My verstand staan stil, angs oorweldig my, die rustigste deel van die dag is nou vir my 'n verskrikking.
  
5. 'n Tafel word gedek, die eetgerei is reggesit, hulle begin eet en drink! Dan kom die bevel: "Leiers, wees gereed! Smeer die skilde met olie!"
  
6. So het die Here vir my gesê: Sit 'n wag uit, hy moet sê wat hy sien.
  
7. As hy 'n strydwa sien, 'n strydwa met perde, of 'n strydwa met donkies, of een met kamele, moet hy baie goed oplet.
  
8. Die wag het uitgeroep: "Meneer, ek het die hele dag deur wag gestaan, ek het die hele nag op my pos gebly.
  
9. Daar kom 'n man op 'n strydwa, 'n strydwa met perde. Hy hou aan roep: Geval, geval het Babel, al sy afgodsbeelde lê stukkend op die grond!"
  
10. My volk, jy wat vertrap is op die dorsvloer, ek het vir jou gesê wat die Here vir my gesê het, die Almagtige, die God van Israel.
  
11. 'n Uitspraak van die Here teen Duma: Iemand roep na my van Seïr af: "Wag, wanneer is die nag verby? Wag, wanneer is die nag verby?"
  
12. Die wag antwoord: "Die môre het gekom, maar dit is nog nag. As julle weer wil kom vra, kom vra gerus, julle kan elke keer weer kom vra."
  
13. 'n Uitspraak van die Here teen Arabië: Handelaars van Dedan, julle wat in die bosse van Arabië oornag,
  
14. gee water vir dié wat dors het; julle wat in Tema woon, bring kos vir die vlugtelinge!
  
15. Die mense vlug vir die oorlog: vir die swaard wat wil doodmaak, vir die boog wat reg is om te skiet. Die mense vlug vir die wrede oorlog.
  
16. Dit het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar, 'n jaar wat so ondraaglik sal wees soos dit vir 'n dagloner is, sal daar 'n einde kom aan Kedar se rykdom.
  
17. Selfs van sy dapper soldate wat met pyl en boog veg, sal maar min oorbly! Die Here die God van Israel het dit gesê.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES