Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 25

Bible Study - Isaiah 25 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.
  
2. U het die groot stad verander in puinhope, die vestingstad in ruïnes. Die vesting van die vyand is nie meer 'n stad nie, dit sal nooit herbou word nie.
  
3. Die sterk nasie sal voor U buig, in die stad van die trotse volk sal hulle U dien,
  
4. want U is 'n toevlug vir die armes, 'n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood, 'n skuilplek teen die stortbuie, 'n skaduwee teen die hitte. Die geweld van die wrede volk is soos 'n winterstorm,
  
5. soos sonsteek in 'n dor land. U het die rumoer van die vyand laat ophou, die oorwinningsliedere van die trotse volk laat verdwyn soos hitte verdwyn onder die skaduwee van 'n wolk.
  
6. Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige 'n feesmaal gereed maak vir al die volke, 'n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn.
  
7. Op hierdie berg sal Hy die doek verwyder, die doek wat oor al die volke gegooi was, waarmee al die nasies toegemaak was.
  
8. Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee. Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyder wat sy volk aangedoen is. Die Here het dit gesê.
  
9. Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered. Dit is die Here! Ons het op Hom vertrou. Laat ons bly wees en juig omdat Hy ons gered het.
  
10. Die mag van die Here sal op hierdie berg geopenbaar word: Hy sal Moab aan die voet daarvan vertrap soos stoppels op 'n mishoop vertrap word.
  
11. Moab sal sy hande in die mishoop uitsteek soos 'n swemmer wat probeer wegswem, maar God sal hulle in hulle trots verneder al probeer hulle om hulleself te red.
  
12. Hy sal Moab se vestings, hulle hoë mure, laat omval, Hy sal hulle plat op die grond neergooi.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES