Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 27

Bible Study - Isaiah 27 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Daardie dag sal die Here sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en sal Hy die monster doodmaak wat in die see is.
  
2. Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd;
  
3. Ek, die Here, sorg daarvoor: Ek lei dit gereeld nat, dag en nag staan Ek wag daarby sodat niemand dit kan beskadig nie.
  
4. Ek is nie kwaad vir my wingerd nie. Niemand sal dit waag om dorings en dissels daarin te plant nie. Maar soos in 'n oorlog sal Ek my wingerd plattrap en heeltemal verbrand
  
5. as hy nie in my stad kom skuil nie. Hy, Israel, moet met My kom vrede maak, hy moet vrede met My kom maak!
  
6. In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal groei en lote maak. Die aarde sal vol word van hulle vrugte.
  
7. Die Here het sy volk nie geslaan soos Hy hulle teëstanders geslaan het nie. Hy het hulle ook nie doodgemaak, soos Hy hulle moordenaars doodgemaak het nie.
  
8. Die Here het sy volk gestraf deur hulle te verjaag en weg te dryf. Met 'n sterk wind het Hy hulle weggewaai ooste toe.
  
9. As Jakob al sy altaarklippe fyn stamp soos 'n mens 'n kalkklip fyn stamp, as hy nie gewyde pale en wierookaltare vir sy afgode oprig nie, sal daar versoening wees vir sy oortreding, sal sy sonde van hom af weggeneem word.
  
10. Die versterkte stad lê verwoes: 'n plek sonder inwoners, verlate soos die woestyn. Dáár wei net kalwers, en hulle vreet wat daar groei, en dáár gaan hulle lê.
  
11. Die droë takke word afgebreek, vrouens kom en maak vuur daarmee. Israel is 'n volk sonder begrip van wat Ek doen. Daarom sal sy Maker hom nie langer liefhê nie en sal sy Skepper hom nie genadig wees nie.
  
12. Daardie dag sal die Here sy oes inbring van die Eufraat af tot by die grens van Egipte, en julle, Israeliete, sal die koringare wees wat één-één opgetel word.
  
13. Daardie dag sal die groot ramshoring geblaas word. Dan sal almal aankom wat in Assirië verstrooi was, ook dié wat na Egipte toe verjaag is. Hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES