Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 3

Bible Study - Isaiah 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die Here die almagtige God gaan uit Jerusalem en Juda elke stut en steunpilaar verwyder: almal wat sorg vir brood en water,
  
2. elke weerbare burger, elke soldaat, regter, profeet, waarsêer, leier,
  
3. offisier, hoë amptenaar, raadgewer, kundige vakman en ervare besweerder.
  
4. Die Here sal aan onvolwassenes gesag gee oor die volk, wispelturige mense sal oor hulle heers.
  
5. Die volk sal mekaar te lyf gaan, man teen man, vriend teen vriend; seuns sal grysaards te lyf gaan, en dié wat nie gesag het nie, die vooraanstaandes.
  
6. As iemand sy broer in die ouerhuis pak en sê: "Jy het darem nog behoorlike klere, wees ons leier en regeer oor hierdie vervalle spul,"
  
7. sal hy op daardie dag uitroep: "Ek wil nie die leiding neem nie! Daar is nie kos en ook nie behoorlike klere in my huis nie; moet my nie aanstel as leier van die volk nie."
  
8. Jerusalem het gewaggel, Juda het in duie gestort omdat hulle hulle met woord en daad teen die Here en teen sy gesag verset het.
  
9. Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle. Hulle sondig openlik soos Sodom, hulle steek niks weg nie. Ellende wag vir hulle, hulle het die ramp verdien!
  
10. Sê vir die regverdiges met húlle sal dit goed gaan; hulle sal die vrug van hulle dade geniet.
  
11. Maar ellende wag vir die skuldiges; wat hulle gedoen het, sal aan húlle gedoen word.
  
12. My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af.
  
13. Die Here is gereed vir die regsaak, Hy staan klaar om oor die volk te oordeel.
  
14. Die Here begin die saak teen die leiers en die hoë amptenare van sy volk: Julle het die wingerde gestroop; wat van die hulpeloses geroof is, lê in julle huise.
  
15. Wat besiel julle dat julle my volk vertrap en die hulpeloses verdruk? vra die Here my God, die Almagtige.
  
16. Verder het die Here gesê: Omdat die vrouens van Sion hoogmoedig is en kop in die lug rondloop terwyl hulle ogies maak, wegstap met trippelgang en hulle enkelringe laat rinkel,
  
17. sal Ek, die Here, hulle hare afskeer. Ja, die Here sal hulle koppe kaalskeer.
  
18. Op dié dag sal die Here die versiersels wegneem: enkelringe, sonnetjies en maantjies,
  
19. oorbelletjies en armbande, sluiers
  
20. en hooftooisels, voetkettinkies, versierde gordels, reukwater en gelukbringertjies,
  
21. ringe en neusringe,
  
22. feesklere, mantels en tjalies, handsakkies
  
23. en spieëltjies, spogrokkies, kopdoekies en skouermanteltjies.
  
24. In plaas van reukwater sal daar stank wees, in plaas van 'n gordel 'n tou, in plaas van gekrulde hare 'n kaalkop, in plaas van 'n fyn kledingstuk 'n harige roukleed, in plaas van skoonheid die brandmerk van 'n slaaf.
  
25. Jerusalem, jou manne sal deur die swaard val en jou jongmanne in die oorlog.
  
26. Jou poorte sal treur en rou, en jy sal sonder mense sit.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES