Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 35

Bible Study - Isaiah 35 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille;
  
2. hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing, hy sal die prag van die Libanon hê, die skoonheid van Karmel en Saron. Israel sal die mag van die Here sien, die koninklike mag van ons God.
  
3. Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik,
  
4. sê vir dié wat moed verloor het: "Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier, Hy kom om wraak te neem, om julle vyande te straf; God kom julle red!"
  
5. Blindes sal kan sien, dowes sal kan hoor,
  
6. lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld.
  
7. Die verskroeide aarde sal 'n moeras word, dorsland waterryke wêreld. Waar daar nou net vir jakkalse lêplekke is, sal gras en riet en biesies groei.
  
8. Daar sal 'n grootpad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad. Onrein mense sal nie daarop loop nie, dit sal net wees vir mense wat reg lewe; dwase sal nie meer op die pad kom nie.
  
9. Daar sal nie leeus op die pad wees nie, daar sal nie roofdiere op loop nie, hulle sal glad nie daar kom nie. Net die mense wat deur die Here gered is, sal die pad gebruik.
  
10. Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES