Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 52

Bible Study - Isaiah 52 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion. Trek mooi klere aan, Jerusalem, heilige stad! Mense wat nie besny is nie en mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie.
  
2. Skud die stof van jou af en staan op, Jerusalem, jy wat 'n gevangene is. Maak los die toue om jou nek, Sion, jy wat 'n gevangene is.
  
3. So sê die Here: Ek het julle verkoop, maar nie vir geld nie; julle sal losgekoop word, maar nie deur geld nie.
  
4. So sê die Here my God: In die begin het my volk afgegaan na Egipte toe en daar gewoon as vreemdelinge; later het Assirië hulle verdruk.
  
5. En wat kry Ek nou hier in Babel? vra die Here. My volk is sonder rede weggevoer, hulle leiers huil, sê die Here. My Naam word gedurig belaster.
  
6. Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek!
  
7. Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: "Jou God is Koning!"
  
8. Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom.
  
9. Jubel en juig, puinhope van Jerusalem, want die Here het vir sy volk uitkoms gebring, Hy het Jerusalem verlos.
  
10. Die Here het sy heiligheid, sy mag, geopenbaar voor die oë van al die nasies. Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle die redding sien wat ons God bewerk het.
  
11. Gee pad, gee pad, kom uit uit Babel! Moenie aan iets raak wat onrein is nie. Kom uit daar! Sorg dat julle rein is, julle wat die tempelgereedskap dra.
  
12. Julle hoef nie haastig pad te gee nie, julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie: Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan.
  
13. My dienaar sal voorspoedig wees. Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang.
  
14. Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
  
15. Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES