Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 9

Bible Study - Isaiah 9 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn.
  
2. U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak, hulle blydskap groot gemaak. Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel.
  
3. Soos die dag toe Midian verslaan is, het U die juk verbreek wat op die volk gedruk het, die stok waarmee hulle geslaan is, waarmee hulle gedryf is.
  
4. Elke soldateskoen wat in die oorlog gebruik is, en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word, deur die vuur verteer word.
  
5. Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
  
6. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.
  
7. Die Here het 'n boodskap gestuur vir Jakob, vir Israel; Hy het hulle aangespreek:
  
8. Die hele volk, Efraim en die inwoners van Samaria wat so trots en selfversekerd is, moet dit weet. Hulle sê:
  
9. "Die huise van roustene het wel omgeval, maar ons sal met gekapte klip bou; die wildevyebome is wel afgekap, maar ons sal dit met seders vervang."
  
10. Die Here gee aan Resin se teëstanders die oorhand oor hom en hits sy vyande aan.
  
11. Arameërs uit die ooste en Filistyne uit die weste het vir Israel met een hap verslind. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle.
  
12. Die volk het hulle egter nie bekeer tot Hom deur wie hulle gestraf is nie, hulle het nie gevra na die wil van die Here die Almagtige nie.
  
13. Daarom sal die Here vir Israel heeltemal vernietig op een enkele dag; Hy sal kop en stert, palmtak en biesie, afsny.
  
14. Die leiers en die koning se gunstelinge is die kop, die profete wat leuens verkondig, is die stert.
  
15. Dié wat die volk moes lei, het hulle mislei, en dié wat gelei moes word, is verwar.
  
16. Almal is godloos en sleg, elke mond laster teen die Here. Daarom sal selfs die volk se jongmense die Here nie meer vreugde verskaf nie en sal Hy nie langer barmhartig wees oor die volk se weeskinders en weduwees nie. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle.
  
17. Die goddeloosheid brand soos 'n vuur. Dit verteer dorings en dissels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in 'n rookkolom verdwyn.
  
18. Onder die straf van die Here die Almagtige brand die land weg, die volk het vuurmaakhout geword; die een mens bekommer hom nie oor die ander nie.
  
19. Elkeen verslind links en regs maar kry nie genoeg nie. So verteer hy sy eie krag.
  
20. Manasse veg teen Efraim, Efraim teen Manasse, en saam veg hulle teen Juda. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES