Bible Study: FrontPage




 

Job, Chapter 33

Bible Study - Job 33 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Luister nou na my, Job, luister wat ek sê.
  
2. Ek gaan nou praat, my woorde lê al op my tong.
  
3. Ek gaan reguit praat, ek gaan eerlik sê wat ek weet.
  
4. Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.
  
5. Antwoord my as jy kan, maak jou klaar om my teë te staan.
  
6. Voor God is ek en jy gelyk, ook ék is maar net uit klei gevorm.
  
7. Ek wil jou nie die skrik op die lyf ja nie, ek sal dit nie vir jou moeilik maak nie.
  
8. Ek het jou met my eie ore hoor sê, hier waar ek dit gehoor het, het jy gesê:
  
9. "Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie, ek is rein, ek het nie gesondig nie.
  
10. Tog soek God fout by my, beskou Hy my as sy vyand.
  
11. Hy behandel my as 'n gevangene, Hy hou elke voetstap van my dop."
  
12. Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd; God is meer as die mens.
  
13. Waarom beskuldig jy vir God? Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie."
  
14. "God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.
  
15. Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed.
  
16. Dan openbaar God Hom aan die mens en dreig dat Hy hom sal straf
  
17. om hom van verkeerde dade af weg te hou en hom van hoogmoed te weerhou.
  
18. God wil die mens nie die graf laat ingaan nie, Hy wil hom nie laat sterf nie.
  
19. "Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte, met pyn wat aan sy liggaam knaag,
  
20. sodat alle kos hom walg, selfs die lekkerste ete.
  
21. Die vleis aan sy liggaam is so weggevreet dat jy dit nie meer kan sien nie, jy sien nou net been.
  
22. Hy is op pad na sy graf toe, na dié toe wat klaar dood is.
  
23. As daar dan 'n engel by hom sou wees, een uit duisende, wat vir hom pleit, en vir hom sê wat sy plig is,
  
24. wat hom jammer kry en sê: "Red hom dat hy nie sterf nie, ek het 'n losprys vir hom,"
  
25. dan sal sy liggaam weer jonk word, weer word soos in die dae van sy jeug.
  
26. Hy sal tot God bid, God sal sy gebed verhoor, hom met vreugde laat bid, hom 'n mens maak wat weer reg leef voor God.
  
27. Dan getuig hy voor die mense: "Ek het gesondig, my nie gesteur aan wat reg is nie, en tog het God my nie gestraf soos ek verdien nie.
  
28. Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, nou lewe ek weer."
  
29. "Dit alles doen God met die mens, selfs meer as een keer.
  
30. So keer God die mens weg van die graf af en laat Hy hom weer lewe.
  
31. "Luister, Job, luister na my, bly stil, ek wil praat.
  
32. Of as jy tog iets vir my wil sê, sê dit dan, praat, ek sal jou graag gelyk wil gee.
  
33. Maar as jy niks het om te sê nie, luister na my, bly stil, laat ek jou leer wat wysheid is."


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES