Bible Study: FrontPage




 

Job, Chapter 8

Bible Study - Job 8 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Toe sê Bildad die Suagiet:
  
2. "Hoe lank gaan jy nog so praat? Jou woorde kom soos 'n orkaan.
  
3. Sal God die reg verdraai, sal die Almagtige verdraai wat reg is?
  
4. As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle vir hulle oortredings gestraf.
  
5. As jy na die wil van God vra en die Almagtige om genade smeek,
  
6. as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring.
  
7. Die vermoë wat jy besit het, sal niks wees teen die rykdom wat jy later sal besit nie.
  
8. Vra na die bevindings van die voorgeslagte, rig jou na die insigte van die voorvaders,
  
9. want ons is maar net van gister, ons weet niks, ons dae is so vlugtig soos 'n skaduwee op die grond.
  
10. Leer uit wat jou voorgeslag gesê het. Hulle het met insig verklaar:
  
11. "Groei riet waar daar nie 'n moeras is nie, vleigras waar daar nie water is nie?
  
12. Dit spruit wel uit, maar dit is nog nie eers afgesny nie, dan verdroog dit al vinniger as enige ander soort gras."
  
13. "So gaan dit met hulle wat vir God vergeet. Daar is geen hoop vir die godlose nie.
  
14. Hy vertrou op 'n dun draadjie, hy maak op 'n spinnerak staat.
  
15. As hy teen sy huis leun, val dit om, hy gryp daarna, maar dit bly nie staan nie.
  
16. Hy is soos 'n welige plant in die son: hy rank oral oor die tuin,
  
17. hy vleg sy wortels om die klippe, en klou vas aan die klipmuur.
  
18. Maar as iemand hom uitroei, is daar niks van hom oor nie.
  
19. So kom hy tot sy einde en in sy plek kom daar 'n ander.
  
20. "God verwerp nooit die opregte nie en staan ook nie dié by wat onreg doen nie.
  
21. Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel.
  
22. Dié wat jou haat, sal met smaad bedek word; van die goddeloses bly daar niks oor nie."


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES