Bible Study: FrontPage




 

Leviticus, Chapter 3

Bible Study - Leviticus 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. "As iemand 'n maaltydoffer wil bring en hy wil dit aanbied uit sy beeste, kan hy vir die Here 'n bul of 'n koei aanbied, maar sonder liggaamsgebrek.
  
2. Die man sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
  
3. Dan bied hy uit die maaltydoffer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet wat die binnegoed bedek, die vet aan die binnegoed self,
  
4. die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word.
  
5. Die Aäroniete verbrand dit op die altaar, bo-op die brandoffer op die vuur. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.
  
6. "As iemand vir die Here 'n maaltydoffer uit sy kleinvee wil aanbied, kan dit 'n ram of 'n ooi wees, maar sonder liggaamsgebrek.
  
7. "As die man 'n skaap as offer aanbied, bring hy dit in die teenwoordigheid van die Here,
  
8. sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
  
9. Dan bied die man uit die maaltydoffer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet, naamlik die hele vetstert, teen die stuitjie afgesny, die vet wat die binnegoed bedek, al die vet aan die binnegoed self,
  
10. die twee niertjies met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niertjies verwyder word.
  
11. Die priester verbrand dit dan op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer vir die Here.
  
12. "As die offer 'n bok is, bring die man dit in die teenwoordigheid van die Here,
  
13. sit sy hand op die dier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäroniete sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
  
14. Dan bied die man uit sy offer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet wat die binnegoed bedek, al die vet aan die binnegoed self,
  
15. die twee niertjies met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niertjies verwyder word.
  
16. Die priester verbrand dit op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word. Al die vet is die Here s'n.
  
17. "Dit is 'n vaste voorskrif vir julle nageslag, waar julle ook al woon: julle mag geen vet of bloed eet nie."


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES