Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 18

Bible Study - Proverbs 18 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging.
  
2. Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.
  
3. Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede, en saam met die belediging kom die skande.
  
4. Die woorde van 'n mens kan diep waters wees, 'n bruisende stroom, 'n bron van wysheid.
  
5. Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldige en om die onskuldige sy reg te ontsê nie.
  
6. 'n Dwaas praat hom in 'n rusie in, hy soek slae met wat hy sê.
  
7. 'n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is 'n dodelike strik.
  
8. Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik.
  
9. Een wat nalatig is met sy werk en een wat alles afbreek, is tweelingbroers.
  
10. Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling.
  
11. Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad, as 'n hoë muur wat hom beskerm.
  
12. Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer.
  
13. Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.
  
14. Moed laat 'n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie.
  
15. 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.
  
16. 'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oop en gee hom toegang tot mense met mag.
  
17. Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom.
  
18. Deur 'n beslissing van die Here te vra, kan rusies besleg en sterk mense uitmekaar gemaak word.
  
19. 'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van 'n fort.
  
20. Deur die regte woorde te gebruik, kan 'n mens sy honger stil, hy kan genoeg kry om te eet deur wat hy sê.
  
21. Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.
  
22. Wie 'n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here.
  
23. 'n Arm mens pleit, 'n ryke antwoord skerp.
  
24. Maats kan jou breek, maar daar kan ook 'n vriend wees wat nader is as 'n broer.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES