Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 2

Bible Study - Proverbs 2 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie,
  
2. hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.
  
3. Roep insig by, vra na gesonde begrip.
  
4. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos 'n verborge skat.
  
5. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken.
  
6. Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.
  
7. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.
  
8. Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.
  
9. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly.
  
10. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word,
  
11. oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak.
  
12. Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af en van mense af wat verkeerde dinge verkondig,
  
13. van dié af wat die regte paaie verlaat om op donker paaie te loop.
  
14. Hulle verheug hulle daarin om te doen wat sleg is en juig die wandade van die slegte mens toe;
  
15. hulle paaie is krom en hulle koers is verkeerd.
  
16. Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af, die vrou met die verleidelike praatjies,
  
17. wat haar eie man verlaat en die verbond van haar God vergeet het.
  
18. Haar huis lei 'n mens na die dood toe, haar spore bring jou by die dooies uit.
  
19. Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie; hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie.
  
20. Loop jy liewer die pad van die goeie mense, bly op die paaie van die regverdiges,
  
21. want die opregtes sal die land bly bewoon, dié wat onberispelik leef, sal ongehinderd gelaat word,
  
22. maar slegte mense sal weggevee word uit die land, bedrieërs sal uitgeroei word.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES