Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 20

Bible Study - Proverbs 20 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie.
  
2. Die koning wek net soveel vrees as die brul van 'n leeu; as jy die koning kwaad maak, is jou lewe in gevaar.
  
3. Dit is eerbaar om 'n rusie te vermy; enige dwaas kan 'n rusie begin.
  
4. 'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.
  
5. 'n Oorwoë mening is diep waters; 'n verstandige mens skep daaruit.
  
6. Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?
  
7. Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed.
  
8. Wanneer die koning moet regspreek, sien hy ál wat verkeerd is, raak.
  
9. Wie kan sê: "Ek is rein, ek is onskuldig, sonder sonde"?
  
10. Die Here het 'n afsku van mate en gewigte wat nou sus en dan so is.
  
11. Selfs 'n jongmens word geken aan wat hy doen, uit sy optrede blyk of hy eerlik en opreg is.
  
12. Die oor wat hoor, die oog wat sien - die Here het altwee gemaak.
  
13. As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet.
  
14. "Sleg! Sleg!" sê die koper, maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.
  
15. Daar is goud, daar is edelstene, maar om met kennis van sake te praat, is nog kosbaarder.
  
16. As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af en hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.
  
17. Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed, maar agterna sal jy klippe kou.
  
18. Planne wat op goeie raad steun, slaag; vra raad voor jy oorlog maak.
  
19. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie praat.
  
20. As jy jou vader en moeder vervloek, is jou lewe daarmee heen en bly net die pikdonker oor.
  
21. Besittings wat oneerlik verkry is, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.
  
22. Moenie sê: "Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is" nie; vertrou op die Here, en Hy sal jou help.
  
23. Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is; 'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.
  
24. Die Here bepaal 'n mens se koers; hoe sal 'n méns weet waarheen hy moet gaan?
  
25. Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy en agterna eers besef wat jy belowe het.
  
26. 'n Wyse koning sif die skuldiges uit en straf hulle genadeloos.
  
27. Die Here gee aan die mens die lewe. Die Here sien deur die hele mens.
  
28. Liefde en trou maak 'n koning veilig; deur liefde staan sy troon sterk.
  
29. Die trots van jongmanne lê in hulle krag; die versiering van oumense is hulle grysheid.
  
30. 'n Pak slae laat 'n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES