Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 5

Bible Study - Proverbs 5 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie raad.
  
2. Dan sal jy self ook met oorleg kan optree en met die nodige kennis praat.
  
3. Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie,
  
4. maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.
  
5. Haar pad is dié van die dood, elke stap saam met haar bring die ondergang nader.
  
6. Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.
  
7. Luister na my, my seun, bly by wat ek jou sê:
  
8. Bly weg van haar af, moenie naby haar huis se deur kom nie
  
9. dat jy nie jou mooiste jare verspil nie, jou beste jare aan 'n hartelose mens gee nie,
  
10. dat vreemdes hulle nie vol eet aan die vrug van jou arbeid nie, dat dit waarvoor jy gewerk het, nie in die huis van 'n ander beland nie.
  
11. Jy sal lê en kreun as jou einde nader, met die vleis aan jou liggaam weggevreet,
  
12. en jy sal sê: "Ek het my opvoeding versmaai, ek het my nie gesteur aan die onderrig nie.
  
13. As ek maar geluister het na my leermeesters en my ore oopgemaak het toe hulle my geleer het!
  
14. Hier sit ek nou in die grootste ellende voor die oë van almal."
  
15. Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water: drink die strome uit jou eie fontein.
  
16. Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop, jou strome water oral heen vloei?
  
17. Hulle is tog net joune, en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie.
  
18. Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou,
  
19. so vol liefde, so mooi soos 'n takbok, soos 'n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.
  
20. Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou, my seun, waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan lê?
  
21. 'n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy.
  
22. Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde.
  
23. Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing, sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES