Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 9

Bible Study - Proverbs 9 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare.
  
2. Sy het geslag en wyn reggesit, sy het haar tafel gedek
  
3. en haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep:
  
4. "Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!" En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê:
  
5. "Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het!
  
6. Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!"
  
7. Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy 'n goddelose word, doen dit tot sy eie skande.
  
8. Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou.
  
9. Gee jou aandag aan 'n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer 'n regverdige, en sy kennis vermeerder.
  
10. Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.
  
11. As jy wysheid het, sal jy lank lewe, jou lewensjare sal vermeerder word.
  
12. As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan; as jy 'n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.
  
13. Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en sonder kennis van sake.
  
14. Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die hoogste plek in die stad,
  
15. en sy roep na dié wat verbykom, elkeen besig om sy gang te gaan:
  
16. "Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!" Sy sê vir dié wat kennis kortkom:
  
17. "Gesteelde water is soet, kos wat stilletjies geëet word, is lekker!"
  
18. Dié wat na haar luister, besef nie dat die dood self daar wag nie, dat dié wat hulle deur haar laat nooi het, klaar diep in die doderyk is nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES