Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 116

Bible Study - Psalms 116 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede.
  
2. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.
  
3. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword.
  
4. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: "Here, red my tog!"
  
5. Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.
  
6. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered.
  
7. Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen:
  
8. U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.
  
9. Ek kon voor die Here bly wandel in die land van die lewendes.
  
10. Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my
  
11. en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staat maak nie.
  
12. Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?
  
13. Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep.
  
14. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk.
  
15. Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.
  
16. Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar: U het my vry gemaak.
  
17. Ek wil U loof met 'n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep.
  
18. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk,
  
19. in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, Jerusalem! Prys die Here!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES