Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 39

Bible Study - Psalms 39 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.
  
2. Ek het gesê: "Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie."
  
3. Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword.
  
4. Daar was 'n brandpyn in my, my smart het 'n vuur in my geword. Toe móés ek praat.
  
5. Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here, en hoeveel dae daar vir my oor is, sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.
  
6. Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees, in u oë is my lewensduur byna niks. Ag, alle mense is maar verganklik. Sela
  
7. Die mens leef soos in 'n droom en hy sloof hom af vir niks. Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie.
  
8. Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
  
9. Red my van al my teëstanders, laat my nie die spot van dwase word nie.
  
10. Ek kla nie, ek maak my mond nie oop nie, want U het dit oor my gebring.
  
11. Neem tog weg die smart waarmee U my getref het. Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.
  
12. As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien, verteer U hom soos 'n mot 'n kleed. Ag, alle mense is verganklik. Sela
  
13. Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.
  
14. Neem tog u straf van my weg, dat ek weer bly kan wees voordat ek heengaan en nie meer daar is nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES