Bible Study: FrontPage




 

Ruth, Chapter 3

Bible Study - Ruth 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Rut se skoonma Naomi het vir haar gesê: "My dogter, dit is my verantwoordelikheid om vir jou 'n heenkome te soek sodat dit met jou goed kan gaan.
  
2. Kyk, Boas saam met wie se werksters jy gewerk het, is mos familie van ons. Hy dors vannag gars op die dorsvloer.
  
3. Was jou, maak jou mooi en trek jou netjies aan en gaan na die dorsvloer toe. Moenie dat hy jou gewaar voordat hy klaar geëet en gedrink het nie.
  
4. Wanneer hy gaan slaap, sorg dat jy weet waar hy gaan lê. Dan gaan jy soontoe en kruip by sy voete in. Hy sal jou dan sê wat jy moet doen."
  
5. Toe antwoord Rut: "Ek sal doen wat u gesê het."
  
6. Sy het na die dorsvloer toe gegaan en alles gedoen wat haar skoonma vir haar gesê het.
  
7. Nadat Boas geëet en gedrink het, was hy baie vrolik en het hy langs die mied gaan lê. Rut het toe stilletjies gekom, sy voete oopgemaak en by sy voete ingekruip.
  
8. Toe hy in die middel van die nag wakker skrik en omdraai, was hy baie verbaas toe hy 'n vrou by sy voete gewaar.
  
9. Hy vra toe vir haar: "Wie is jy?" en sy antwoord: "Ek is Rut, ek is van u afhanklik, en u is my losser; neem my nou onder u beskerming."
  
10. Hy sê toe: "Mag die Here jou seën, my dogter! Wat jy nou doen, naamlik dat jy agter geen jongman, arm of ryk, aanloop nie, is baie beter as die liefde wat jy aan die begin aan jou skoonma bewys het.
  
11. Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy 'n goeie vrou is.
  
12. Dit is waar dat ek jou losser is, maar nou is dit ook so dat daar 'n ander losser is wat nader familie is as ek.
  
13. Slaap vannag hier. As hy dan môreoggend bereid is om as jou losser op te tree, goed, maar as hy nie wil nie, sal ek so seker as die Here leef, as losser optree. Bly hier tot môreoggend."
  
14. Sy het toe by sy voete bly lê tot die oggend, maar voordat dit lig genoeg was om iemand te herken, het sy opgestaan, "want," het Boas gesê, "dit moenie bekend word dat 'n vrou na die dorsvloer toe gekom het nie."
  
15. Hy het ook gesê: "Bring die tjalie wat jy om het en hou dit oop." Sy het dit oopgehou, en hy het ses en twintig kilogram gars vir haar daarin afgemeet en dit op haar rug getel. Hy is toe stad toe,
  
16. en sy het na haar skoonma toe gegaan. Sy vra toe vir Rut: "Hoe het dit toe gegaan, my dogter?" Sy het haar vertel wat Boas alles vir haar gedoen het en
  
17. gesê: "Hy het vir my hierdie ses en twintig kilogram gars gegee, want hy het gesê ek mag nie met leë hande by my skoonma aankom nie."
  
18. Naomi sê toe: "Wag maar en kyk wat nou gaan gebeur, my dogter. Die man sal beslis nie vandag rus voordat die saak afgehandel is nie."


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES