Bible Study: FrontPage




 

Song of Songs, Chapter 4

Bible Study - Song of Songs 4 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. "Jy is mooi, my liefling, jy is mooi, jou oë is duiwe agter jou sluier. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom.
  
2. Jou tande is so wit soos 'n ry pasgeskeerde skape wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie.
  
3. Jou lippe is soos skarlakenrooi lint, jou mond bekoor my. Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitte agter jou sluier.
  
4. Dié aan jou nek is soos die Dawidstoring wat uit rye klip gebou is; aan hom hang duisend skilde, al die skilde van die helde.
  
5. Jou twee borste is soos takboklammers, soos die tweeling van 'n ribbok wat tussen die lelies wei.
  
6. Wanneer die aandwind begin waai en die skaduwees lank word, wil ek na my mirreberg, my wierookheuwel, toe gaan.
  
7. Alles aan jou is mooi, my liefling, aan jou is niks verkeerd nie.
  
8. Kom saam met my van die Libanon af, my bruid, kom saam met my van die Libanon af, kom af hier van die top van Amana, van die top van Senir en Hermon af, weg van die leeus se skuilplekke, weg van die luiperds se hoë lêplekke af.
  
9. "Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel in die ketting om jou hals.
  
10. Ek hou van jou liefkosings, my beminde bruid, jou liefkosings is beter as wyn, jou parfuum ruik lekkerder as al die lekkerruik-kruie.
  
11. Jou lippe proe soos heuningstroop, my bruid, jou tong soos heuning en dikmelk, en jou klere ruik soos die Libanon.
  
12. "My beminde bruid is 'n tuin wat toegemaak is, 'n tuin met 'n muur om, 'n fontein wat afgekamp is.
  
13. Jou liggaam is 'n lushof, granaatbome met keurige vrugte, hennastruike saam met nardus,
  
14. nardus en saffraan, kalmoes en kaneel saam met elke soort lekkerruik-kruie, mirre en aalwyn saam met al die beste lekkerruik-kruie.
  
15. Daar is 'n fontein in my tuin, 'n put met borrelende water, strome van die Libanon af." Sy:
  
16. "Word wakker, noordewind, kom, suidewind! Waai deur my tuin, versprei sy geur! Die man wat ek liefhet, kom na sy tuin toe; hy gaan die keurige vrugte daarvan eet." Hy:


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES