Bible Study: FrontPage




 

Song of Songs, Chapter 7

Bible Study - Song of Songs 7 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. "Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter, die rondings van jou heupe is soos juwele wat deur kunstenaarshande gemaak is.
  
2. Jou naeltjie is 'n ronde kom waarin die kruiewyn nie ontbreek nie. Jou maag is 'n hoop koring met lelies omring.
  
3. Jou twee borste is soos takboklammers, soos die tweeling van 'n ribbok.
  
4. Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë soos die damme by Gesbon, by die poort van dié groot stad. Jou neus is soos die toring op Libanon wat na Damaskus toe kyk.
  
5. Jou kop is soos die Karmel, jou hare soos rooi wol, jou haarlokke bekoor die koning.
  
6. "Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat geniet kan word.
  
7. Jou slanke gestalte is soos 'n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.
  
8. Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse blomme gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos dié van appels,
  
9. jou mond soos goeie wyn wat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet, wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei." Sy:
  
10. "Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag.
  
11. Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap in die dorpies;
  
12. ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee.
  
13. "Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES