Bible Study: FrontPage




 

Titus, Chapter 3

Bible Study - Titus 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is.
  
2. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.
  
3. Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
  
4. Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn.
  
5. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.
  
6. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.
  
7. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.
  
8. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense.
  
9. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.
  
10. Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie,
  
11. omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.
  
12. Sodra ek vir Artemas of Tigikus na jou toe stuur, moet jy probeer om na my toe te kom in Nikopolis, want ek het besluit om die winter daar oor te bly.
  
13. Doen ook jou bes om vir Senas, die regsgeleerde, en Apollos voort te help op hulle reis, en sorg dat hulle niks kortkom nie.
  
14. Ons mense moet ook leer om met eerlike werk in die noodsaaklike lewensbehoeftes te voorsien. Dan sal hulle lewe nie onvrugbaar wees nie.
  
15. Almal wat hier by my is, stuur vir jou groete. Gee ons groete aan ons vriende in die geloof. Die genade sal by julle almal wees!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES