Bible Study: FrontPage




 

Zechariah, Chapter 3

Bible Study - Zechariah 3 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla.
  
2. Die Here het vir die Satan gesê: Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem my woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.
  
3. Jesua het klere aangehad wat liederlik bevuil was. Hy het daar voor die engel gestaan,
  
4. en die engel het vir sy helpers gesê: "Trek uit dié liederlike vuil klere van hom." Vir Jesua het hy gesê: "Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek."
  
5. Toe sê ek: "Hulle moet 'n skoon tulband op sy kop sit!" Hulle het die skoon tulband op sy kop gesit en hom aangetrek terwyl die engel van die Here daar by staan.
  
6. Daarna het die engel van die Here vir Jesua belowe:
  
7. "So sê die Here die Almagtige: As jy lewe soos Ek dit wil, as jy die voorskrifte vir my diens onderhou, sal jy die gesag hê oor my huis, die verantwoordelikheid dra vir my heiligdom. Jy sal toegang tot My hê, net soos hierdie engele.
  
8. Luister, Jesua, hoëpriester, jy en jou vriende wat voor jou sit: jou vriende is 'n teken van iets wat kom. Ek gaan my dienaar Loot nou bring.
  
9. Ek sit voor Jesua 'n klip neer, en op hierdie een enkele klip is daar sewe oë. Ek gaan nou 'n graveersel daarop aanbring, sê die Here die Almagtige, en Ek gaan die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem.
  
10. Daardie dag, sê die Here die Almagtige, sal die mense weer rustig oor en weer na mekaar roep onder die wingerdstokke en die vyebome."


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES