Bible Study: FrontPage




 

Zephaniah, Chapter 2

Bible Study - Zephaniah 2 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ruk julle reg, onbeskaamde nasie,
  
2. voordat die besluit voltrek word, voordat die dag kom en julle soos kaf word voor die gloed van die toorn van die Here, voordat die dag van die toorn van die Here oor julle kom.
  
3. Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid! Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here.
  
4. Gasa sal verlate lê, Askelon sal geen inwoners hê nie, Asdod sal helder oordag ontvolk word, Ekron sal verwoes word.
  
5. Ellende wag vir dié wat aan die kus woon, dié wat van Kreta af kom! Die woord van die Here is teen julle: Ek gaan jou, Kanaän, Filistyneland, so vernietig dat daar niemand in jou woon nie:
  
6. die kusstreek sal net 'n weiveld wees waar wagters vee laat wei, 'n plek vir kleinveekrale.
  
7. Die kusstreek sal die eiendom word van wat daar oor is van Juda: húlle is die kudde wat daar sal wei en snags in die huise van Askelon sal slaap, want die Here hulle God sal Hom oor hulle ontferm en hulle lot verander.
  
8. Ek het gehoor hoe Moab my volk verkleineer het, hoe die Ammoniete hom met minagting behandel het, hoe aanmatigend hulle was teenoor my volk se grondgebied.
  
9. So seker as Ek leef, sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moab sal soos Sodom word en die Ammoniete soos Gomorra: 'n veld vol dorings en soutpanne, vir altyd verlate. Dié lande sal buit word vir wat daar oor is van my volk; dié wat oorgebly het van die nasie wat aan My behoort, sal hulle in besit neem.
  
10. Dit gebeur met Moab en die Ammoniete omdat hulle so hooghartig was, omdat hulle die volk van die Here die Almagtige verkleineer het en aanmatigend was teen die volk.
  
11. Ontsagwekkend is die Here bo almal. Hy laat al die gode op die aarde wegteer sonder offers, en al die kuslande van die nasies buig voor Hom, elkeen op sy eie plek.
  
12. Ook julle, Kussiete, word deur die swaard van die Here afgemaai.
  
13. Daarna steek Hy sy hand uit teen die noorde en maak Hy 'n einde aan Assirië: Hy maak Nineve 'n stad sonder inwoners, 'n droë weiveld.
  
14. Kuddes vee sal daar lê en herkou, allerlei troppe diere. Pelikane en uile sal op die stad se mooi pilare slaap, die wind sal deur die vensters huil. Die verwoesting sal selfs die drumpels tref, want die sederhout sal afgestroop word.
  
15. Dit is wat sal word van die uitgelate stad wat so onbesorg daar lê, wat dink: daar is nie nog 'n stad soos ek nie. Hy gaan verwoes word, 'n lêplek vir diere. Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasing en sy hande saamslaan.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES