Bible Study: FrontPage




 

1 Chronicles, Chapter 8

Bible Study - 1 Chronicles 8 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. En Benjamin was die vader van Bela, sy eersgeborene; die tweede, Asbel; en die derde, Agrag,
  
2. die vierde, Noha; en die vyfde, Rafa.
  
3. En Bela het seuns gehad: Addar en Gera en Abíhud
  
4. en Abisúa en Naäman en Ahóag
  
5. en Gera en Sefúfan en Huram.
  
6. En dit was die seuns van Ehud (hulle was hoofde van families van die inwoners van Geba, en hulle is in ballingskap na Manáhat weggevoer --
  
7. Naäman en Ahía en Gera het hulle in ballingskap weggevoer); en hy was die vader van Ussa en van Ahíhud.
  
8. En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword:
  
9. by sy vrou Hodes was hy die vader van Jobab en Sibja en Mesa en Malkam,
  
10. en Jehus en Sagía en Mirma; dit was sy seuns, hoofde van families.
  
11. En by Husim was hy die vader van Abítub en Elpáäl.
  
12. En die seuns van Elpáäl was: Eber en Míseam en Semed; hy het Ono en Lod met sy onderhorige plekke gebou;
  
13. en Bería en Sema; hulle was hoofde van families van die inwoners van Ajalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag;
  
14. en Agjo, Sasak en Jerémot
  
15. en Sebádja en Arad en Eder
  
16. en Mígael en Jispa en Joha, die seuns van Bería;
  
17. en Sebádja en Mesúllam en Hiski en Heber
  
18. en Jísmerai en Jislía en Jobab, die seuns van Elpáäl;
  
19. en Jakim en Sigri en Sabdi
  
20. en Eliënai en Sílletai en Éliël
  
21. en Adája en Berája en Simrat, die seuns van Símeï;
  
22. en Jispan en Eber en Éliël
  
23. en Abdon en Sigri en Hanan
  
24. en Hanánja en Elam en Antotía
  
25. en Jifdéja en Pnúel, die seuns van Sasak;
  
26. en Sámserai en Sehárja en Atálja
  
27. en Jaärésja en Elía en Sigri, die seuns van Jeróham.
  
28. Hulle was hoofde van families, volgens hulle afstamming, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon.
  
29. En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga.
  
30. En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Baäl en Nadab
  
31. en Gedor en Agjo en Seger.
  
32. En Miklot was die vader van Símea; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.
  
33. En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.
  
34. En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.
  
35. En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Taäréa en Agas.
  
36. En Agas was die vader van Jehóadda, en Jehóadda van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa.
  
37. En Mosa was die vader van Bínea; sy seun was Rafa; sy seun was Eleása; sy seun was Asel.
  
38. En Asel het ses seuns gehad; en dít was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel.
  
39. En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en Elifélet, die derde.
  
40. En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd en vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES