Bible Study: FrontPage




 

1 Corinthians, Chapter 16

Bible Study - 1 Corinthians 16 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.
  
2. Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
  
3. En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
  
4. En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
  
5. Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.
  
6. En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
  
7. Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
  
8. Maar ek sal in Éfese bly tot pinkster toe.
  
9. Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
  
10. En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
  
11. Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
  
12. Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
  
13. Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
  
14. Laat alles by julle in liefde geskied.
  
15. En ek versoek julle, broeders -- julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het --
  
16. dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.
  
17. En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháďcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.
  
18. Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.
  
19. Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
  
20. Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.
  
21. Die groete van Paulus, met my eie hand.
  
22. As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranáta!
  
23. Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
  
24. My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES