Bible Study: FrontPage




 

2 Chronicles, Chapter 4

Bible Study - 2 Chronicles 4 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Verder het hy 'n koperaltaar gemaak; twintig el was sy lengte en twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.
  
2. Hy het ook die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en 'n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.
  
3. En daar onderaan het afbeeldings van kolokwinte dit heeltemal rondom omring -- tien op 'n el; hulle het die see rondom omgewe, twee rye kolokwinte, daarmee saam uit een stuk gegiet.
  
4. Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe; en die see was bo-op hulle, en al hulle agterdele binnekant toe.
  
5. En die dikte daarvan was 'n handbreedte, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drie duisend bat gehou.
  
6. En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was.
  
7. En hy het die goue kandelaars gemaak, tien, volgens die voorskrif daarvan, en dit in die tempel gesit, vyf regs en vyf links.
  
8. Hy het ook tien tafels gemaak en hulle in die tempel gesit, vyf regs en vyf links; en hy het honderd goue komme gemaak.
  
9. Verder het hy die voorhof van die priesters gemaak en die groot voorhof en die deure vir die voorhof; en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek.
  
10. En die see het hy aan die suidekant opgestel, teen die ooste na die suide toe.
  
11. Verder het Huram die potte en die skoppe en die komme gemaak; en Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo in die huis van God gedoen het:
  
12. twee pilare met die bolle en die kapitele op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, te bedek;
  
13. en die vier honderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek.
  
14. En hy het die afspoelwaentjies gemaak en die bakke op die afspoelwaentjies gemaak;
  
15. en die een see en die twaalf beeste daaronder;
  
16. en die potte en die skoppe en die vurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die huis van die HERE van gepolyste koper gemaak.
  
17. In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussen Sukkot en Seréda, het die koning dit gegiet.
  
18. En Salomo het al hierdie voorwerpe in 'n oorgroot menigte gemaak, want die gewig van die koper was onberekenbaar.
  
19. En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat in die huis van God was: die goue altaar en die tafels waar die toonbrode op moes lê,
  
20. en die kandelaars met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand, van fyn goud,
  
21. en die blomwerk en die lampe en die snuiters van goud; dit was die suiwerste goud;
  
22. en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne van fyn goud; en wat die ingang van die huis betref, die binnedeure daarvan na die Allerheiligste en die deure van die huis na die hoofvertrek was van goud.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES