Bible Study: FrontPage




 

2 Samuel, Chapter 23

Bible Study - 2 Samuel 23 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. En dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Isai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:
  
2. Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.
  
3. Die God van Israel het gesę, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,
  
4. is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.
  
5. Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?
  
6. Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie;
  
7. en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.
  
8. Dit is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agt honderd wat op een keer gesneuwel het.
  
9. En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,
  
10. het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die HERE daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.
  
11. En ná hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,
  
12. het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.
  
13. En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.
  
14. En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
  
15. En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesę: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
  
16. Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet
  
17. en gesę: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
  
18. En Abísai, die broer van Joab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie.
  
19. Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.
  
20. Verder Benája, die seun van Jójada, 'n sterk man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.
  
21. Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
  
22. Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.
  
23. Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.
  
24. Asahel, die broer van Joab, was onder die dertig; Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;
  
25. Samma, die Harodiet; Elíka, die Harodiet;
  
26. Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Tekoďet;
  
27. Abiëser, die Anatotiet; Mebunnái, die Husatiet;
  
28. Salmon, die Ahohiet; Máharai, die Netofatiet;
  
29. Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Ittai, die seun van Ribai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin;
  
30. Benája, die Pirhatoniet; Híddai, uit Nahale-Gaäs;
  
31. Abi-Albon, die Arbatiet; Asmáwet, die Barhumiet;
  
32. Éljagba, die Sáälboniet; die seuns van Jasen; Jónatan;
  
33. Samma, die Harariet; Ahíam, die seun van Sarar, die Harariet;
  
34. Elifélet, die seun van Ahasbái, die seun van 'n Maägatiet; Elíam, die seun van Agitófel, die Giloniet;
  
35. Hésro, die Karmeliet; Páärai, die Arbiet;
  
36. Jigeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet;
  
37. Selek, die Ammoniet; Náharai, die Beërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;
  
38. Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet
  
39. Uría, die Hetiet -- almal saam sewe en dertig.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES