Bible Study: FrontPage




 

2 Samuel, Chapter 4

Bible Study - 2 Samuel 4 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Toe die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.
  
2. En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander Régab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Beërot is ook by Benjamin gereken.
  
3. En die Beërotiete het na Gittáim gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.
  
4. En Jónatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset.
  
5. En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, Régab en Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lę.
  
6. En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en Régab en sy broer Báëna het ontvlug.
  
7. Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lę, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte
  
8. en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesę: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die HERE het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.
  
9. Maar Dawid het Régab en sy broer Báëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesę: So waar as die HERE leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
  
10. hom wat aan my berig gebring en gesę het: Kyk, Saul is dood! -- terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring -- het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;
  
11. hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?
  
12. Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en dié het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isbóset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES