Bible Study: FrontPage




 

Colossians, Chapter 4

Bible Study - Colossians 4 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook 'n Here in die hemele het.
  
2. Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging;
  
3. en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
  
4. dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.
  
5. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.
  
6. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
  
7. Al my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.
  
8. Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om julle toestande te leer ken en julle harte te vertroos,
  
9. saam met Onésimus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.
  
10. Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het -- as hy by julle kom, ontvang hom --
  
11. ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.
  
12. Épafras wat een van julle is, 'n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.
  
13. Want ek getuig van hom dat hy 'n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodicéa en die wat in Hiërápolis is.
  
14. Die geneesheer Lukas, die geliefde, en Demas groet julle.
  
15. Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.
  
16. En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees.
  
17. En sê aan Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.
  
18. Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES