Bible Study: FrontPage




 

Exodus, Chapter 31

Bible Study - Exodus 31 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
  
2. Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
  
3. en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
  
4. om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
  
5. en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
  
6. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
  
7. die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
  
8. en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
  
9. ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
  
10. en die kunstige klere en die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;
  
11. ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom -- net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
  
12. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
  
13. Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
  
14. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
  
15. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
  
16. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond.
  
17. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
  
18. En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES