Bible Study: FrontPage




 

Exodus, Chapter 37

Bible Study - Exodus 37 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. En Besáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
  
2. En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan 'n goue krans gemaak rondom.
  
3. En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.
  
4. En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;
  
5. en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.
  
6. Hy het ook 'n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.
  
7. Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.
  
8. Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.
  
9. En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.
  
10. Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en 'n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
  
11. En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.
  
12. Hy het ook daarvoor 'n lys van 'n handbreed gemaak rondom; en hy het 'n goue krans vir die lys gemaak rondom.
  
13. Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
  
14. Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
  
15. Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.
  
16. En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
  
17. Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.
  
18. En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
  
19. Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
  
20. Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:
  
21. daar was 'n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan -- vir die ses arms wat daaruit uitgaan.
  
22. Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
  
23. En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.
  
24. Van 'n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.
  
25. En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
  
26. En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.
  
27. Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
  
28. En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
  
29. Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger dit maak.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES