Bible Study: FrontPage




 

Genesis, Chapter 10

Bible Study - Genesis 10 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet -- vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
  
2. Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
  
3. En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Togárma.
  
4. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete --
  
5. uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
  
6. En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.
  
7. En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.
  
8. Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.
  
9. Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.
  
10. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.
  
11. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag
  
12. en Resen, tussen Ninevé en Kalag -- dit is die groot stad.
  
13. En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete
  
14. en die Patrusiete en Kasluhiete -- waaruit die Filistyne voortgekom het -- en Kaftoriete.
  
15. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
  
16. en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete
  
17. en die Hewiete en Arkiete en Siniete
  
18. en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.
  
19. En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa.
  
20. Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
  
21. En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.
  
22. Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.
  
23. En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.
  
24. En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
  
25. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
  
26. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag
  
27. en Hadóram en Usal en Dikla
  
28. en Obal en Abímael en Skeba
  
29. en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
  
30. En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.
  
31. Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
  
32. Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES