Bible Study: FrontPage




 

Hebrews, Chapter 5

Bible Study - Hebrews 5 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring
  
2. as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
  
3. En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.
  
4. En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.
  
5. So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
  
6. Soos Hy ook op 'n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
  
7. Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs --
  
8. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
  
9. en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
  
10. en is deur God genoem 'n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
  
11. waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.
  
12. Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
  
13. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.
  
14. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES