Bible Study: FrontPage




 

Job, Chapter 4

Bible Study - Job 4 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Toe antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
  
2. As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit?
  
3. Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
  
4. Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
  
5. Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!
  
6. Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
  
7. Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
  
8. Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
  
9. Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
  
10. Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller -- ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
  
11. Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
  
12. Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,
  
13. by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
  
14. Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
  
15. Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
  
16. Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie -- 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:
  
17. Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?
  
18. Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
  
19. Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.
  
20. Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
  
21. Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES