Bible Study: FrontPage




 

Job, Chapter 7

Bible Study - Job 7 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?
  
2. Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,
  
3. so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
  
4. As ek gaan lę, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.
  
5. My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
  
6. My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
  
7. Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
  
8. Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie!
  
9. Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
  
10. Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
  
11. So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
  
12. Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?
  
13. As ek sę: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
  
14. dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
  
15. sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.
  
16. Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
  
17. Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?
  
18. En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?
  
19. Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
  
20. As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?
  
21. En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lę; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES