|
|
Jonah, Chapter 3
1. En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesę:
2. Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sę.
3. Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
4. En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesę: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.
5. En die manne van Ninevé het God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.
6. En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.
7. En hy het in Ninevé laat uitroep en sę: Op las van die koning en sy groot manne -- geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;
8. maar mens en dier moet 'n rougewaad om hę, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.
9. Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hę nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?
10. En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesę het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|