Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 1

Bible Study - Proverbs 1 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,
  
2. om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
  
3. om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
  
4. om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
  
5. laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
  
6. om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
  
7. Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
  
8. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
  
9. want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.
  
10. My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
  
11. as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,
  
12. laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;
  
13. allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;
  
14. jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê --
  
15. my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;
  
16. want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;
  
17. want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:
  
18. so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.
  
19. So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.
  
20. Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,
  
21. op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:
  
22. Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?
  
23. Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.
  
24. Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
  
25. en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
  
26. daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;
  
27. as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
  
28. Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.
  
29. Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,
  
30. van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,
  
31. daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.
  
32. Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;
  
33. maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES