Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 18

Bible Study - Proverbs 18 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
  
2. Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
  
3. As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
  
4. Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
  
5. Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
  
6. Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
  
7. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
  
8. Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
  
9. Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester.
  
10. Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
  
11. Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.
  
12. Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
  
13. Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.
  
14. Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees -- wie kan dit opbeur?
  
15. Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.
  
16. Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
  
17. Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
  
18. Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
  
19. 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.
  
20. Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
  
21. Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
  
22. Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry.
  
23. Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.
  
24. 'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES