Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 24

Bible Study - Proverbs 24 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
  
2. Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
  
3. Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
  
4. en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
  
5. 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
  
6. Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
  
7. Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
  
8. Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
  
9. Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
  
10. Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
  
11. Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
  
12. As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! -- sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
  
13. Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
  
14. Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
  
15. Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
  
16. Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
  
17. As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
  
18. dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
  
19. Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
  
20. Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
  
21. My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
  
22. Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
  
23. Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
  
24. Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! -- die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
  
25. Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
  
26. Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
  
27. Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
  
28. Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
  
29. Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen -- ek sal die man vergelde na sy werk.
  
30. Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
  
31. en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
  
32. En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
  
33. Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
  
34. dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES