Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 26

Bible Study - Proverbs 26 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.
  
2. Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
  
3. 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.
  
4. Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
  
5. Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
  
6. Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.
  
7. Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
  
8. Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.
  
9. Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
  
10. Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
  
11. Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.
  
12. Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.
  
13. Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.
  
14. 'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
  
15. Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
  
16. Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
  
17. Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.
  
18. Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,
  
19. so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.
  
20. Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
  
21. Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
  
22. Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
  
23. Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is -- so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.
  
24. Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
  
25. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
  
26. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
  
27. Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.
  
28. 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES