Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 28

Bible Study - Proverbs 28 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.
  
2. Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.
  
3. 'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.
  
4. Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.
  
5. Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.
  
6. Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.
  
7. Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.
  
8. Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.
  
9. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.
  
10. Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.
  
11. 'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.
  
12. As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.
  
13. Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
  
14. Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.
  
15. 'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.
  
16. 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
  
17. 'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.
  
18. Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.
  
19. Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.
  
20. 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.
  
21. Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.
  
22. 'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.
  
23. Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.
  
24. Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! -- hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel.
  
25. Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.
  
26. Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.
  
27. Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.
  
28. As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES